Wapenlisensie beslissing in SA verwelkom

AfriForum is tevrede met die Appèlhof se beslissing dat eienaars van vuurwapens waarvan die lisensies verval het, om nuwe lisensies mag aansoek doen. Die organisasie sê die polisie het aanvanklik geweier om nuwe aansoeke van mense in só ‘n situasie te oorweeg. Dit is gebaseer op ‘n brief in Februarie 2016 van die nasionale kommissaris wat sê eienaars moet hierdie vuurwapens by polisiekantore inhandig. AfriForum sê die hof het eienaars met vervalde lisensies nou die geleentheid gegee om aansoek te doen vir nuwes sonder om weer te wag vir ‘n amnestietydperk.