Huis opgeëis vir N$52 700 se skuld

Daar was 106 sake voor Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen in die Mosiehof in die hoofstad vanoggend, waarvan 49 deur kommersiële banke gebring is. ‘n Totaal van 27 eiendomme met uitstaande skuld van net meer as 34,4 miljoen Namibiese doller is teruggevra terwyl 4 voertuie ook opgeëis is. Agtien lenings ter waarde van 5,65 miljoen Namibiese doller is ook uitstaande. Daar is 60 onverdedigde egskeidings in Maandag se Mosiehof sitting voor Regter Thomas Masuku.