Vervolg Vilho of ons sal – AR
Berigte lui dat die aantygings teen die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho nie deur die Teenkorrupsie Kommissie ondersoek word nie. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa het vroeër bevestig dat haar kantoor wel ‘n ondersoek na ‘n oorbetaling van 1,5 miljoen doller aan die afgetrede Generaal Martin Shalli gelas is. Die Regstellende Herposisionering Beweging het in […]
Nujoma sê video buite konteks gebruik
Die Stigters President Sam Nujoma het homself gedistansieer van ‘n video wat op sosiale media gesirkuleer word. Job Amupanda het ook die video op sy Twitter-blad gedeel. Op die video vra Nujoma dat Namibiërs hulle leiers respekteer. Hy sê die video is buite konteks gebruik. Hy is op 14 Februarie vanjaar deur die Namibian-dagblad opgeneem […]
Maren moet kom – Noa
Die Hoërhofsaak van die Fishrot-skandaal skop op 22 April in die hoofstad af. Plaaslike media berig dat Paulus Noa, die Direkteur-Generaal van die Teenkorrupsie Kommissie bevestig het dat ‘n lasbrief vir die uitlewering van die Windhoek prokureur Maren de Klerk wat by die skandaal betrek word, uitgereik is. De Klerk word daarvan verdink dat hy […]
Vilho aangeleentheid is skreiende skande
Die voormalige Minister van Binnelandse Sake Pendukeni Ithana sê dis ‘n skreiende skande dat daar nou 3 kabinetslede is wat betrek word by korrupsie en niks word daaraan gedoen nie. Die Swapo-regering sê ook niks. Sy het gereageer op die bedanking van die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho.
Troika-beraad sal niks aan terreur doen nie
Reaksie word ontvang oor die buitengewone dubbele Troika-beraad van staats- en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat vandag in Maputo in Mosambiek gehou word. Botswana se President, Mokgweetsi Masisi, het die beraad belê waar maatreëls in verband met terrorisme in Mosambiek bespreek sal word. Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Professor Andre Duvenhage is van mening dat […]
Entstof en bloedklonte is verwant
Die Europese Medisyne-agentskap het aangekondig dat daar ‘n moontlike verbintenis is tussen die AstraZeneca entstof en berigte van bloedklonte in mense wat die entstof ontvang het. Talle lande het reeds die gebruik van die entstof opgeskort as gevolg van die voorkoms, al is dit skaars, van bloedklonte. Die bevinding het implikasies vir die EU in […]
Groot sake in laerhowe vandag
Daar is twee opspraakwekkende laerhof sake vandag. Die eerste is in Walvisbaai waar Beauty Haimbili, ‘n boekhouer wat by Lewcor in Walvisbaai gewerk het en aangekla is op klagte van diefstal van meer as 11 miljoen Namibiese doller van haar werkgewer wat saam met haar man Jalmari wat ook by die saak betrek word voor […]
Saks sal nie meer pelse verkoop nie
Die wêreldbekende Saks Fifth Avenue sal nie meer pelse in sy produkte gebruik nie. Die kleinhandelaar sluit aan by name soos Macy’s, Versace en Prada wat reeds die besluite geneem het. Saks het vandag aangekondig dat alle pelsprodukte teen die einde van die 2022 finansiële jaar uit sy reeks produkte verwyder sal word. Produkte wat […]
SA begrafnisondermers boos oor permit vetragings
‘n Groep in Suid-Afrika wat homself die Nasionale Taakspan van Begrafnisondernemers noem, het ‘n beroep op sy lede gedoen om alle takke van Binnelandse Sake in die land te sluit. Hulle betoog teen vertragings in permitte om liggame uit lykshuise, hospitale en forensiese laboratoriums te verwyder om dit te begrawe. Die groep sê die sluiting […]
Skenking sal vermors word meen DA
Die DA sê hy verwelkom internasionale hulp aan Suid-Afrika, maar die geld wat die Verenigde Nasies aan projekte van die distriksontwikkelings-model toegeken het, sal na alle waarskynlikheid vermors word. Die DA Parlementslid in die Oos-Kaap, Cilliers Brink, het kommentaar gelewer op die VN se skenking van miljoene aan projekte in die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal. […]