SA begrafnisondermers boos oor permit vetragings

‘n Groep in Suid-Afrika wat homself die Nasionale Taakspan van Begrafnisondernemers noem, het ‘n beroep op sy lede gedoen om alle takke van Binnelandse Sake in die land te sluit. Hulle betoog teen vertragings in permitte om liggame uit lykshuise, hospitale en forensiese laboratoriums te verwyder om dit te begrawe. Die groep sê die sluiting sal voortduur totdat die departement sy regulasies vir bevoegdheid-sertifikate aanpas. Dit word deur die Departement van Gesondheid uitgereik en laat begrafnisondernemers toe om sterftes by Binnelandse Sake te registreer.