Troika-beraad sal niks aan terreur doen nie

Reaksie word ontvang oor die buitengewone dubbele Troika-beraad van staats- en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat vandag in Maputo in Mosambiek gehou word. Botswana se President, Mokgweetsi Masisi, het die beraad belê waar maatreëls in verband met terrorisme in Mosambiek bespreek sal word. Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Professor Andre Duvenhage is van mening dat dit ‘n goeie stap vorentoe is maar, dat terreur nie sal verdwyn nie.