Entstof en bloedklonte is verwant

Die Europese Medisyne-agentskap het aangekondig dat daar ‘n moontlike verbintenis is tussen die AstraZeneca entstof en berigte van bloedklonte in mense wat die entstof ontvang het. Talle lande het reeds die gebruik van die entstof opgeskort as gevolg van die voorkoms, al is dit skaars, van bloedklonte. Die bevinding het implikasies vir die EU in inentingsplan en daar word verwag dat ‘n dringende vergadering in die verband gehou sal word. Die AstraZeneca entstof is die goedkoopste entstof en is ook die een wat deur Covax aan armer lande voorsien word, Namibië ingesluit. Kenners meen dat die risiko van bloedklonte steeds baie kleiner is as die newe-effekte van Covid. Een uit 250 000 mense ontwikkel bloedklonte.