Vilho aangeleentheid is skreiende skande

Die voormalige Minister van Binnelandse Sake Pendukeni Ithana sê dis ‘n skreiende skande dat daar nou 3 kabinetslede is wat betrek word by korrupsie en niks word daaraan gedoen nie. Die Swapo-regering sê ook niks. Sy het gereageer op die bedanking van die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho.