Nujoma sê video buite konteks gebruik

Die Stigters President Sam Nujoma het homself gedistansieer van ‘n video wat op sosiale media gesirkuleer word. Job Amupanda het ook die video op sy Twitter-blad gedeel. Op die video vra Nujoma dat Namibiërs hulle leiers respekteer. Hy sê die video is buite konteks gebruik. Hy is op 14 Februarie vanjaar deur die Namibian-dagblad opgeneem vir die land se 31ste onafhanklikheid vieringe. Nujoma sê die video stuur die verkeerde boodskap. Hy sê die video stel hom in ‘n baie slegte lig. Hy het geen melding gemaak van die aangeleentheid oor die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho nie.