Joschko se siviele eis teen Dippenaar staan stil


Plaaslike media berig dat ‘n statusverhoor in die siviele eis van die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar op 11 Mei gehou sal word. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van amper 11 miljoen Namibiese doller na die noodlottige ongeluk van 29 Desember 2014 waar sy haar suster en haar ouers verloor het. Luidens berigte was die saak vir Mei neergelê maar Dippenaar het in Maart gesê sy regsverteenwoordiger Petrie Theron het onttrek omdat hy hom nie verder kan betaal nie. Die saak was tot 30 Maart uitgestel sodat Dippenaar verteenwoordiging kan bekom maar nie hy of ‘n prokureur het namens hom in die hof verskyn nie. Dippenaar het ook ‘n strafregtelike saak waar hy verskeie klagte in die gesig staar. Hy het die voertuig bestuur en 6 mense is in die ongeluk dood. Daar is onder andere, 6 klagte van moord teen hom. Daardie saak hervat in Oktober vanjaar in die Streekshof in Swakopmund.