Voëlgriep in die Wes-Kaap bevestig

‘n Braaihoender-boerdery in die Worcester-omgewing in die Wes-Kaap het positief getoets vir voëlgriep. Dit volg na vroeëre uitbrake van die hoogs aansteeklike siekte in Gauteng en Noordwes. Die plaas, wat pas besmet is, is onder kwarantyn geplaas en die proses om die aangetaste hoenders menslik van kant te maak is aan die gang. Die Wes-Kaapse regering vra die publiek en die landbousektor se deelname om die verspreiding van voëlgriep te voorkom. Siek of dooie voëls moet onmiddellik by die hoof-staatsveearts gerapporteer word.