EU sal gesels oor patentreg

Die Europese Unie sê hy glo hy sal sy doelwit haal om teen Julie genoeg dosisse entstof te kon kry sodat hy 70 persent van die volwassenes in Europa teen Covid-19 kan inent. Nagenoeg 200 miljoen dosisse entstof is tot dusver in die Europese Unie versprei. Die Kommissaris van die EU, Ursula von der Leyen, sê hulle is gereed om gesprek te voer oor Amerika se voorstel vir die tydelike opheffing van die beskerming van intellektuele eiendomsregte vir Covid-19 entstowwe, en hoe dit kan help om die pandemie doeltreffend te bekamp.