Verkeerde man vrygelaat in Mariental

Bewaarders by Korrektiewe Dienste in Mariental sal dissiplinêr verhoor word nadat die verkeerde gevangene vrygelaat is. Volgens berigte is Bernadus Khariseb met Bernadus Gariseb verwar. Die mees basiese reëls is volgens die Kommissaris-Generaal van Korrektiewe Dienste Raphael Hamuyela verontagsaam. Volgens hom verskil hulle misdaad. Die verwarring het ontstaan toe iemand ‘n boete vir Gariseb se vrylating betaal het.