NBC: raad ontmoet vandag

Die Voorsitter van die NBC-raad, Lazarus Jacobs sê ‘n verklaring in verband met die staking by die nasionale uitsaaier sal vandag uitgereik word. Die raad vergader vanoggend in die verband. Intussen staak werknemers sedert 23 April en al die uitsaaier se kanale is dood. Die betrokke vakbond Napwu wil die korporasie hof toe sleep omdat hy sê die bestuur oortree die reëls van die staking deur bestuurders te gebruik om die pligte van die stakende werkers na te kom. Die werkers eis ‘n salarisverhoging en die bestuur sê daar is nie geld nie.