Biden en Putin gesels

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Amerikaanse President Joe Biden in ‘n telefoniese gesprek met sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin was. Biden het volgens berigte weer die VSA se verbintenis tot Oekraïne se soewereiniteit en territoriale integriteit beklemtoon. Hy het ‘n beroep op Putin gedoen om die huidige spanning in die gebied te verminder. Op die […]

Read More

Unam gradeplegtigheid uitgestel

Unam het te kenne gegee dat sy gradeplegtigheid wat Vrydag, 16 April sou plaasvind uitgestel is tot 28 April en dat meer besonderhede binnekort in die verband bekend gemaak word. Die geleentheid wat virtueel aangebied sou word, is uitgestel as gevolg van uitdagings in verband met Covid-19. Die universiteit sê die kwalifikasie van alle studente […]

Read More

DA verwelkom beslissing dat Zuma moet betaal

Die Demokratiese Alliansie het die Appèlhof se beslissing verwelkom dat Oudpresident Jacob Zuma die geld moet terugbetaal wat die staat aan sy regskoste bestee het ná sy korrupsiesaak. Die hof het Zuma se appèl van die hand gewys nadat die DA daarop aangedring het dat die regstryd nie met belastingbetalers se geld vereffen word nie. […]

Read More

Tukkies se Covid onder beheer, 362 is kontakte

Die onlangse Covid-19-uitbreking by die Universiteit van Pretoria is volgens berigte onder beheer. Tot 115 studente het na bewering die virus opgedoen by nabygeleë kuierplekke in Hatfield. Die buurland se Departement van Hoër Onderwys sê hoewel die uitbreking in bedwang gebring is, sal ondersoeke voortgaan en altesaam 362 mense wat noue kontak gehad het, word […]

Read More

VSA skenk miljoene se toerusting

Die Amerikaanse regering het vandag laboratorium toerusting aan die Namibiese Ministerie van Gesondheid geskenk. Die skenking vorm deel van die 100 miljoen Amerikaanse doller se bystand wat deur die Amerikaners aan Namibië bewillig is in die bekamping van die Covid-pandemie. Die Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade Walter Parrs.

Read More

Wêreld se grootste haas gesteel

Die Britse polisie soek na die diewe wat Darius, die wêreld se grootste haas, uit sy eienaar se tuin gesteel het. Die polisie vra die publiek se hulp nadat die bruin en wit hasie Saterdagaand uit sy hok in Stoulton in Sentraal-Engeland gesteel is. Darius, ‘n kontinentale reusehaas, is in 2010 deur Guinness World Records […]

Read More

Jeug moet ontwikkelingsbank produkte benut

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n beroep op die jeug in Opuwo gedoen om gebruik te maak van die leningsfasiliteit wat op vaardighede gebaseer is. Die bank bied die lenings aan om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Die bank het ook Covid-verligting pakkette vir besighede wat hy op die oomblik aanbied. Lenings van […]

Read More

Ministerie sê oor Job se aantygings

Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het meer inligting bekend gemaak om die aantygings wat deur Job Amupanda, in sy posisie as leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, oor die waardasie van Namdia se diamante gemaak het, op te klaar. Die Woordvoerder van die ministerie Andreas Simon het die besonderhede…

Read More

AR se vakbond nog nie goedgekeur nie

Die Namibiese Ministerie van Arbeid het te kenne gegee dat die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek om ‘n vakbond te stig nog nie goedgekeur is nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja sê die beweging se aansoek vir die goedkeuring van die Revolusionêre Unie sal geprosesseer word soos enige ander vakbond se aansoek. Die […]

Read More

Covid in skole – moenie kommer hê nie

Leerders maak die meerderheid van Covid-gevalle uit, veral in die afgelope paar dae. Maar, volgens Colette Rieckert, Voorsitter van die Privaatskole Vereniging van Namibië is daar geen rede om paniekerig te raak nie. Sy het haar standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…

Read More