AR se vakbond nog nie goedgekeur nie

Die Namibiese Ministerie van Arbeid het te kenne gegee dat die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek om ‘n vakbond te stig nog nie goedgekeur is nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja sê die beweging se aansoek vir die goedkeuring van die Revolusionêre Unie sal geprosesseer word soos enige ander vakbond se aansoek. Die beweging het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy sy vakbond bedrywighede op 20 April sal afskop soos die Woordvoerder, Simon Amunime verduidelik.