Unam gradeplegtigheid uitgestel

Unam het te kenne gegee dat sy gradeplegtigheid wat Vrydag, 16 April sou plaasvind uitgestel is tot 28 April en dat meer besonderhede binnekort in die verband bekend gemaak word. Die geleentheid wat virtueel aangebied sou word, is uitgestel as gevolg van uitdagings in verband met Covid-19. Die universiteit sê die kwalifikasie van alle studente sal steeds vir 16 April gedateer word en daar sal binnekort ‘n aankondiging wees in verband met die afhaal van kwalifikasies deur gegradueerdes.