Tukkies se Covid onder beheer, 362 is kontakte

Die onlangse Covid-19-uitbreking by die Universiteit van Pretoria is volgens berigte onder beheer. Tot 115 studente het na bewering die virus opgedoen by nabygeleë kuierplekke in Hatfield. Die buurland se Departement van Hoër Onderwys sê hoewel die uitbreking in bedwang gebring is, sal ondersoeke voortgaan en altesaam 362 mense wat noue kontak gehad het, word dopgehou.