DA verwelkom beslissing dat Zuma moet betaal

Die Demokratiese Alliansie het die Appèlhof se beslissing verwelkom dat Oudpresident Jacob Zuma die geld moet terugbetaal wat die staat aan sy regskoste bestee het ná sy korrupsiesaak. Die hof het Zuma se appèl van die hand gewys nadat die DA daarop aangedring het dat die regstryd nie met belastingbetalers se geld vereffen word nie. John Steenhuisen van die DA sê die party is tevrede met die beslissing oor die regskoste wat ‘n beraamde 16 miljoen Namibiese doller beloop.