Jeug moet ontwikkelingsbank produkte benut

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n beroep op die jeug in Opuwo gedoen om gebruik te maak van die leningsfasiliteit wat op vaardighede gebaseer is. Die bank bied die lenings aan om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Die bank het ook Covid-verligting pakkette vir besighede wat hy op die oomblik aanbied. Lenings van die bank word as hoogs kompeterend beskou en dit is makliker om ‘n lening te bekom teenoor die vereistes van standaard kommersiële banke.