Biden en Putin gesels

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Amerikaanse President Joe Biden in ‘n telefoniese gesprek met sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin was. Biden het volgens berigte weer die VSA se verbintenis tot Oekraïne se soewereiniteit en territoriale integriteit beklemtoon. Hy het ‘n beroep op Putin gedoen om die huidige spanning in die gebied te verminder. Op die stadium is daar ‘n sterk militêre teenwoordigheid op die grens tussen Krim en Oekraïne. Die twee leiers sal binnekort ontmoet in wat beskryf word as ‘n derde, neutrale land.