Wêreld se grootste haas gesteel

Die Britse polisie soek na die diewe wat Darius, die wêreld se grootste haas, uit sy eienaar se tuin gesteel het. Die polisie vra die publiek se hulp nadat die bruin en wit hasie Saterdagaand uit sy hok in Stoulton in Sentraal-Engeland gesteel is. Darius, ‘n kontinentale reusehaas, is in 2010 deur Guinness World Records as die wêreld se langste lewendige haas erken. Hy is ‘n verstommende 1,29-meter lank. Sy eienaar, Annette Edwards, het oor die gesin se hartseer getwiet en ‘n beloning van 20 000 Namibiese doller aangebied as hy veilig terugkom.