Christchurch-skieter soek hersiening van vonnis
Die Christchurch-terroris, Brenton Tarrant, doen regstappe teen sy omstandighede in die gevangenis en sy aanwysing as ‘n terroris ingevolge die Wet op Terrorisme. Die 30-jarige dien tans lewenslange gevangenisstraf uit omdat hy 51 mense vermoor en 40 ander probeer vermoor het by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland. Volgens berigte sal Tarrant môre voor die Hooggeregshof […]
Nog ‘n AK-47 in noordooste
‘n 48-jarige man van die Nyondo nedersetting in die Kavango Oos-streek, Vencincius Discho is ‘n boete van 6 000 doller of 18 maande tronkstraf opgelê nadat hy gevind is in besit van ‘n AK-47 aanvalsgeweer met ammunisie. Hy het skuld op die klag erken maar dit is nie bekend waar hy die wapen, wat nie […]
Regerings werkswinkels kry aandag
Daar is berigte van uitdagings by regerings werkswinkels, veral met die vermoë om sekere handelsmerke te diens en ook om onderdele te bekom. Daar was ook berigte van diefstal by die werkswinkels. Kosmos 94.1 Nuus het met die Woordvoerder van die Ministerie van Werke en Vervoer, Julius Ngweda gepraat
Gesondheid kry 0,5 sent uit N$1
Dit wil voorkom asof die Namibiese regering nie die gesondheidsuitdagings wat die land in die gesig staar ernstig opneem nie. Luidens die jongste berigte sal ‘n halwe sent per elke doller wat die regering uitgee, bestee word aan infrastruktuur vir gesondheid. Die Ministerie van Gesondheid het 0,53 persent van die regering se ontwikkelingsbegroting ontvang. Dr […]
Twitter trek Afrika toe
Die Uitvoerende Hoof van Twitter, Jack Dorsey, het aangekondig dié sosiale media-reus gaan ‘n nuwe hoofkwartier op die Afrika vasteland bekend stel. Dorsey het verduidelik dié eer het Ghana te beurt geval omdat dié land vryheid van spraak en aanlyn vryheid ondersteun. Hy het verduidelik Ghana werk hard om seker te maak dat hy met […]
Geen visum as jy Rusland wil besoek nie
Die Namibiese en Russiese regerings het vandag ‘n ooreenkoms oor die vrywaring van visums onderteken. Voortaan sal burgers van beide Namibië en Rusland, met wettige reisdokumente, 90 dae se toelating tot die ander land ontvang, sonder om aansoek te doen vir ‘n visum. Die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi sê Russiese burgers is sedert […]
Jongste oor Covid in die land
Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die jongste syfers in verband met Covid vanmiddag bekend gemaak.
Afgetrede BBP’s: wie kry wat – McHenry wil weet
Die leier van die amptelike opposisie die PDM-party, McHenry Venaani wou vanmiddag in die parlement weet presies watter voordele afgetrede amptenare geniet, watter voertuie hulle benut en wat presies die voormalige Presidentsvroue ontvang. Hy het die vraag aan die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila gestel. Terug: Op die oomblik sal die huis die begroting […]
Nuwe aandele vir swart beleggers by SAB
Die Suid-Afrikaanse Brouerye sê hy sal ‘n nuwe Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging-skema begin wat swart beleggers die geleentheid bied om te belê in die alkoholbedryf. Die SAB sê die Zenzele Kabili-skema is meer as 5,4 miljard Namibiese doller werd en sal die huidige Zenzele-aandeleskema vervang wat duisende BBSEB-beleggers bevoordeel het. SAB se Maatskappy Sekretaris, Duncan […]
Selfmoord is konstant, afgeneem in sommige gevalle
Die Universiteit van Stellenbosch is deel van ‘n internasionale studiegroep wat selfmoord regoor die wêreld waarneem. Navorsing toon dat die voorkoms van selfmoord in middel- en hoë-inkomste lande redelik onveranderd is en in sommige gevalle het dit self afgeneem. Daar was ‘n verwagting onder navorsers dat selfmoord sou toegeneem het veral as gevolg van die […]