Christchurch-skieter soek hersiening van vonnis

Die Christchurch-terroris, Brenton Tarrant, doen regstappe teen sy omstandighede in die gevangenis en sy aanwysing as ‘n terroris ingevolge die Wet op Terrorisme. Die 30-jarige dien tans lewenslange gevangenisstraf uit omdat hy 51 mense vermoor en 40 ander probeer vermoor het by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland. Volgens berigte sal Tarrant môre voor die Hooggeregshof in Auckland verskyn waar hy ‘n regterlike hersiening sal vra. Hy sal homself verteenwoordig.