Gesondheid kry 0,5 sent uit N$1

Dit wil voorkom asof die Namibiese regering nie die gesondheidsuitdagings wat die land in die gesig staar ernstig opneem nie. Luidens die jongste berigte sal ‘n halwe sent per elke doller wat die regering uitgee, bestee word aan infrastruktuur vir gesondheid. Die Ministerie van Gesondheid het 0,53 persent van die regering se ontwikkelingsbegroting ontvang. Dr Omu Kakujaha-Matundu, ‘n Ekonoom by Unam het sy reaskie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord..