Afgetrede BBP’s: wie kry wat – McHenry wil weet

Die leier van die amptelike opposisie die PDM-party, McHenry Venaani wou vanmiddag in die parlement weet presies watter voordele afgetrede amptenare geniet, watter voertuie hulle benut en wat presies die voormalige Presidentsvroue ontvang. Hy het die vraag aan die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila gestel.

Terug: Op die oomblik sal die huis die begroting oor die volgende paar sittings hanteer so dit is nie duidelik wanneer die Eerste Minister die inligting sal deurgee nie.