Selfmoord is konstant, afgeneem in sommige gevalle

Die Universiteit van Stellenbosch is deel van ‘n internasionale studiegroep wat selfmoord regoor die wêreld waarneem. Navorsing toon dat die voorkoms van selfmoord in middel- en hoë-inkomste lande redelik onveranderd is en in sommige gevalle het dit self afgeneem. Daar was ‘n verwagting onder navorsers dat selfmoord sou toegeneem het veral as gevolg van die pandemie. Data vir armer lande is nog nie beskikbaar nie.