Geen visum as jy Rusland wil besoek nie

Die Namibiese en Russiese regerings het vandag ‘n ooreenkoms oor die vrywaring van visums onderteken. Voortaan sal burgers van beide Namibië en Rusland, met wettige reisdokumente, 90 dae se toelating tot die ander land ontvang, sonder om aansoek te doen vir ‘n visum. Die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi sê Russiese burgers is sedert die vroeë 1990’s reeds van visums gevrywaar. Die Russiese ambassadeur Valeriy Utkin, wat namens die Kremlin die ooreenkoms onderteken het sê die uitruil van kennis, sowel as handelsooreenkomste kan deur die ooreenkoms bevorder word.