Twitter trek Afrika toe

Die Uitvoerende Hoof van Twitter, Jack Dorsey, het aangekondig dié sosiale media-reus gaan ‘n nuwe hoofkwartier op die Afrika vasteland bekend stel. Dorsey het verduidelik dié eer het Ghana te beurt geval omdat dié land vryheid van spraak en aanlyn vryheid ondersteun. Hy het verduidelik Ghana werk hard om seker te maak dat hy met nuwe markte nie net in gehuurde vaardighede belê nie, maar ook in plaaslike gemeenskappe. Die besluit spruit uit Dorsey se besoek aan die streek en ontmoetings met President Nana Akufo-Addo.