Nog ‘n AK-47 in noordooste

‘n 48-jarige man van die Nyondo nedersetting in die Kavango Oos-streek, Vencincius Discho is ‘n boete van 6 000 doller of 18 maande tronkstraf opgelê nadat hy gevind is in besit van ‘n AK-47 aanvalsgeweer met ammunisie. Hy het skuld op die klag erken maar dit is nie bekend waar hy die wapen, wat nie in publieke besit mag wees nie, bekom het nie. Vroeër vanjaar is die afgetrede Generaal-Majoor Thomas Hamunyela ook beboet omdat hy in besit van ‘n AK-47 was. Hamunyela het die volgens berigte in die Rundu Landdroshof beken nadat hy op ‘n klag van veediefstal verskyn het. Hy het aan die hof gesê hy het die wapen saamgevat toe hy die weermag verlaat het