Lühl-Delgado kinders moet aansoek doen by Meksiko

Plaaslike media berig dat Namibiese owerhede van Binnelandse Sake die twee-jarige seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, met ‘n sogenaamde bruin paspoort voorsien het sodat hy na Suid-Afrika kan reis en daar aansoek doen vir Meksikaanse burgerskap. Die bruin paspoort word gebruik vir vlugtelinge wat geen geboorteland het nie. Delgado is afkomstig van […]

Read More

Israel verklaar noodtoestand in Lod

Israel het ‘n noodtoestand in die stad Lod verklaar. Daar word berig Lod was die toneel van twee nagte se oproerigheid deur Arabiese Israeli’s waartydens sinagoges en Joodse skole volgens berigte aan die brand gesteek is, terwyl Israel se interne stryd dreig om meer ontwrigtend as die vuurpylaanvalle uit Gasa te wees. Minstens 40 mense […]

Read More

Lande behandel mekaar nie so nie – Mbumba

Die Adjunk President Nangolo Mbumba het sy misnoeë uitgespreek oor kritiek dat President Hage Geingob vandag die Ugandese President Yoweri Museveni se inhuldiging in Kampala bywoon. Kritici meen dat Museveni het nie op ‘n regverdige manier die afgelope verkiesing gewen nie. Mbumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Nantu stap saam met NBC

NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan, saam met verskeie vakbonde, vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies sal by verskeie kantore oorhandig word. Die onderwysvakbond Nantu sê hy staan in solidariteit met die werkers en neem deel aan die optog wat nou begin. Die Sekretaris-Generaal van Nantu, Gades Andumba, het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

SAL Tegnies se inkomste daal met 83%

Die waarnemende Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Tegniese afdeling, Terrence Naidoo, sê hulle kan nie op tussen-maatskappy-lenings of finansiële reddingsboeie staatmaak om bedrywighede te steun nie. SAL Tegnies se inkomste was in Maart 83 persent minder op 43 miljoen Namibiese doller teenoor sowat 246 miljoen doller ‘n jaar tevore. Naidoo sê die onderneming […]

Read More

Plaagdooders in SA is baie gevaarlik

Gevaarlike plaagdoders wat Europese landbouchemikaliese maatskappye op die Suid-Afrikaanse mark verkoop is skadelik vir plaaswerkers en boere in die land. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Rosa Luxemburg-stigting, die Inkota-netwerk en Pan Germany. Die verslag sê ses van agt aktiewe bestanddele wat as karsinogenies beskou word en met menslike geslagsvoortplanting inmeng, is op […]

Read More

Al staan jy opsy, ons sal jou steeds vervolg

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika sê hy sal voortgaan om alle amptenare te vervolg wat bedank het omdat hulle ondersoek of dissiplinêr vervolg word. Dit gaan gedoen word deur hulle pensioene te bevries en siviele sake teen hulle aanhangig te maak, om op te maak vir die finansiële verliese wat hulle by staatsinstellings veroorsaak het. […]

Read More

Vervaardiging verbeter in SA

Groei in vervaardigingproduksie in Suid-Afrika behoort ná die uitwerking van die inperking beter te vaar en voordeel te trek uit minder streng inperkingsregulasies asook ‘n verbetering in plaaslike en buitelandse vraag. Dit is die siening van die FNB-ekonoom in die buurland, Thanda Sithole. Die groei in vervaardiging was sterk en het met 4,6 persent jaar-op-jaar […]

Read More

Agribank bied lesings vir boere aan

Agribank bied gratis aandlesings sedert verlede jaar aan. Die jongste lesing op Ongwediva het gefokus op weiveldrehabilitasie en lekaanvullings. Volgens Rudolf Katjivikua, Agribank se mentor vir die Khomas-streek, beplan die bank die aandlesings op ‘n maandelikse grondslag. Hy verduidelik.

Read More

Wet oor wapenbesit moet hersien word – Putin

Die Russiese President Vladimir Putin, het opdrag gegee vir ‘n dringende hersiening van wapenbesit in die land ná ‘n skietery by ‘n skool in Kazan. Sewe kinders en 2 volwassenes is dood toe ‘n man by ‘n skool in die hoofstad van Tatarsan losgebrand het. Een-en-twintig ander mense, die meeste kinders, is gewond. ‘n Negentienjarige […]

Read More