Vervaardiging verbeter in SA

Groei in vervaardigingproduksie in Suid-Afrika behoort ná die uitwerking van die inperking beter te vaar en voordeel te trek uit minder streng inperkingsregulasies asook ‘n verbetering in plaaslike en buitelandse vraag. Dit is die siening van die FNB-ekonoom in die buurland, Thanda Sithole. Die groei in vervaardiging was sterk en het met 4,6 persent jaar-op-jaar in Maart gestyg, ná dit in Februarie met 2,5 persent afgeneem het. Sithole sê hulle is bekommerd oor die derde vlaag Covid-19 besmettings wat ekonomiese bedrywighede kan ontwrig, maar hulle glo nie die regering gaan strenger inperkingsregulasies implementeer nie: