Al staan jy opsy, ons sal jou steeds vervolg

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika sê hy sal voortgaan om alle amptenare te vervolg wat bedank het omdat hulle ondersoek of dissiplinêr vervolg word. Dit gaan gedoen word deur hulle pensioene te bevries en siviele sake teen hulle aanhangig te maak, om op te maak vir die finansiële verliese wat hulle by staatsinstellings veroorsaak het. ‘n Woordvoerder van die eenheid, Kaizer Kganyago, sê hulle het Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap as korrupsie-brandpunte geïdentifiseer: