SAL Tegnies se inkomste daal met 83%

Die waarnemende Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Tegniese afdeling, Terrence Naidoo, sê hulle kan nie op tussen-maatskappy-lenings of finansiële reddingsboeie staatmaak om bedrywighede te steun nie. SAL Tegnies se inkomste was in Maart 83 persent minder op 43 miljoen Namibiese doller teenoor sowat 246 miljoen doller ‘n jaar tevore. Naidoo sê die onderneming het daarin geslaag om sy bedryf aan die gang te hou deur middel van voortdurende hulp van die regering, maar na die SAA se sakereddingsproses moet die afdeling inkomste inkry om sy werksaamhede vol te hou.