Nantu stap saam met NBC

NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan, saam met verskeie vakbonde, vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies sal by verskeie kantore oorhandig word. Die onderwysvakbond Nantu sê hy staan in solidariteit met die werkers en neem deel aan die optog wat nou begin. Die Sekretaris-Generaal van Nantu, Gades Andumba, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.