Trusted Travel System uitgestel tot 2022 - November 26, 2021

‘n Namibiese toerismekenner sê die Namibiese gesondheidsministerie het die Trusted Travel System vanaf 1 Desember na 15 Januarie 2022 uitgestel, nadat die toerismesektor aangedui het dit sal ‘n impak op die besoeke van toeriste na Namibië sou gehad het. Na 15 Januarie 2022 sal slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar word. […]

Read More

Nuwe variant dryf SA-infeksies (wat toeneem) - November 26, 2021

Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, het bevestig die nuwe variant van Covid-19 is die dryfkrag agter die styging in infeksies in Suid-Afrika, veral in Gauteng. Gesondheidskenners is bekommerd dat bestaande entstowwe moontlik minder doeltreffend sal wees teen die nuwe variant wat onlangs in die land bevestig is. Phaahla het aan die media […]

Read More

23 miljoen koppies koffie vir jou? - November 26, 2021

Drie-en-twintig-miljoen koppies koffie kon gemaak word met die hoeveelheid kitskoffie wat verlede jaar op Black Friday in Pick n Pay-winkels in Suid-Afrika verkoop is. Die kleinhandelreus sê van 2020 se gewildste items was rys, wat 7,5 miljoen maaltye kon maak en genoeg televisiestelle om amper al die huishoudings in ‘n klein voorstad te voorsien. Pick […]

Read More

BoN identifiseer nog ‘n piramide-skema - November 26, 2021

Die Bank van Namibië sê in ‘n verklaring dat die Angelitos Community Foundation nie volgens sy reëls besigheid bedryf nie en dat die beleggingsmaatskappy buite die mandaat van die bank aktief is. Volgens die bank is Angelitos ingelig dat die bank ‘n ondersoek gelas het en die bevindings is ook met die Angelitos gedeel maar, […]

Read More

Nuwe variant: ons is terug op Britse rooilys - November 26, 2021

Namibië is saam met Suid-Afrika en verskeie ander Suider-Afrikaanse lande vanaf 12-uur vandag weer op die Britse rooilys en alle vlugte is opgehef. Die Britse regering het die maatreël ingestel na Suid-Afrikaanse owerhede ‘n nuwe Covid-variant, B.1.1.529 bevestig het. Daar is groot kommer omdat die variant 32 mutasies het op sy stekelproteïen. Dit is ook […]

Read More

Sprinkane verwoes alles, sê boer - November 26, 2021

‘n Boer van Grünau sê hy spuit al vir meer as week daagliks om die swerms sprinkane te bestry. Swerms sprinkane teister die Suide se boere, en veral die gebiede van Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en Ai-Ais loop erg deur. Swerms is tussen 1 en 4 kilometer breed en boere het hulle hande vol. Dolf de […]

Read More

N$10m vir vakansie vir jou werkers - November 26, 2021

‘n Restaurant in Hongkong dok meer as 10 miljoen Namibiese dollar op sodat sy buitelandse werkers ‘n vakansie tuis kan geniet. Buitelandse personeel wat vir die Black Sheep-restaurantgroep werk kon weens die Covid-pandemie reeds vir amper twee jaar nie hul geliefdes besoek nie. Die onderneming het aangebied om vir hul vlugte, Covid-toetse en kwarantynverblyf te […]

Read More

Nog ‘n EU-land perk inwoners in - November 26, 2021

Slowakye het die jongste Europese land geword om streng nuwe inperkingsmaatreëls in te stel na ‘n styging in koronavirus-gevalle. Die land het die hoogste besmettingskoers in die wêreld aangeteken, terwyl die dodetal weens die virus in Duitsland tot bo 100 000 gestyg het. Media berig die owerhede in Nederland beplan ook wat hulle beskryf as […]

Read More

Ramaphosa sê Eskom kan homself regruk - November 25, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in Eskom se vermoë om homself reg te ruk. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sy steun bevestig vir die kragvoorsiener se besluit om betrokke te raak by hernubare energie. Ramaphosa sê Eskom bestuur nou sy skuld beter en wil ook meer geskoolde werknemers betrek […]

Read More

Universiteit van Kaapstad stel twee vrou aan in invloedryke posisies - November 25, 2021

Die Universiteit van Kaapstad het bevestig dat Elelwani Ramugondo aangestel is as die nuwe adjunk-visekanselier vir Hervorming, Studentesake en Maatskaplike Reaksie. Haar ampstermyn begin op 1 Julie volgende jaar aangesien sy tans met studieverlof is. Sy het meer as 20 jaar akademiese ervaring in die navorsingsomgewing. Nog ‘n aanstelling is dié van Suki Goodman as […]

Read More