IMF sê klimaat kelder ekonomiese groei - April 23, 2021

Die Internasionale Monetêre Fonds sê sentrale banke, ministeries van finansies en die finansiële sektor moet besef dat klimaatoorwegings ‘n belangrike ekonomiese kwessie is wat groei en welvaart op die lang termyn sal beïnvloed. Klimaatsverandering is steeds wêreldwyd ‘n duidelike teenwoordige bedreiging. Die besturende direkteur van die IMF, Kristalina Georgieva, sê die fonds het die finansiële […]

Read More

EU het miljoene vir Covid in Nam gegee - April 23, 2021

Die Europese Unie het 172 miljoen Namibiese doller aan Namibië bewillig in die stryd teen Covid-19. Die aankondiging is deur die Europese Ambassadeur Sinikka Antila gemaak. Die fondse is gebruik vir om die gesondheidstelsel te versterk en meer veerkragtig te maak. Mediese toerusting is ook bekom. Antila het bevestig dat verdere befondsing vir herstel na […]

Read More

Zelna verloor in die Hoërhof - April 23, 2021

Die dringende aansoek wat deur die voormalige Besturende Direkteur van Namibia Wildlife Resorts in die Hoërhof gebring is om die besluit om haar kontrak te beëindig ter syde te stel, is van die hand gewys. Regter Kobus Miller het vandag sy beslissing in die hof gegee. Hy het bevind dat die versuim van die raad […]

Read More

Pompstasie by Neckartal gevloed, skade beloop miljoene - April 23, 2021

Die pompstasie by die Neckartaldam is gevloed en die skade beloop volgens berigte miljoene Namibiese doller. Yanna Smith het die besonderhede.

Read More

Maties neem voortou in klimaatstudies - April 23, 2021

Die Universiteit Stellenbosch het die stigting van ‘n nuwe Skool vir Klimaatstudies aangekondig wat amptelik in Junie bekendgestel sal word. Die Adjunk-Visekanselier vir navorsing, vernuwing en nagraadse studies, Eugene Cloete, sê die skool sal verskeie dissiplines betrek om die klimaatverwante kennis van die universiteit se fakulteite te kombineer. Cloete sê dis die eerste skool van […]

Read More

Krisis is lugvaart eintlik erger - April 23, 2021

Die Internasionale Lugvervoervereniging, bekend as Iata, sê verliese in die lugvaartbedryf sal toeneem en dat die krisis langer sal voortduur as wat in Desember voorspel is. Linden Birns, die Media Betrekkingsadviseur van Iata…

Read More

Jeugraad plaas geslagsgeweld in kollig - April 23, 2021

Die Nasionale Jeugraad het sy veldtog teen geslagsgeweld vandag bekend gemaak en sal Dinsdag ‘n optog in die hoofstad hou, as deel van verskeie geleenthede. Bertha Tobias, ‘n lid van die Shut it all Down-beweging het by die perskonferensie gepraat.

Read More

Wapenlisensie beslissing in SA verwelkom - April 23, 2021

AfriForum is tevrede met die Appèlhof se beslissing dat eienaars van vuurwapens waarvan die lisensies verval het, om nuwe lisensies mag aansoek doen. Die organisasie sê die polisie het aanvanklik geweier om nuwe aansoeke van mense in só ‘n situasie te oorweeg. Dit is gebaseer op ‘n brief in Februarie 2016 van die nasionale kommissaris […]

Read More

Huis opgeëis vir N$52 700 se skuld - April 23, 2021

Daar was 106 sake voor Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen in die Mosiehof in die hoofstad vanoggend, waarvan 49 deur kommersiële banke gebring is. ‘n Totaal van 27 eiendomme met uitstaande skuld van net meer as 34,4 miljoen Namibiese doller is teruggevra terwyl 4 voertuie ook opgeëis is. Agtien lenings ter waarde van 5,65 […]

Read More

NBC is lamgelê - April 23, 2021

Die NBC se dienste is lamgelê met die heersende staking. Op die oomblik hou werknemers en die vakbond Napwu, voet by stuk dat die verhoging soos geëis betaal moet. Intussen het talle Namibiërs geen toegang tot inligting nie. Die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo…

Read More