
Sprinkane: Ministerie sê hy doen alles wat moontlik is - January 7, 2022
Die Namibiese landbouministerie is so gereed as moontlik vir ‘n uitbreking van sprinkane, regoor die land. Die nuus kom na die bevestiging dat 80 000 hektaar grond, vanaf Nakop in die verre Suide tot by Swartkop gespuit is na swerms opgemerk is. Die woordvoerder, Jona Musheko sê bronne is onder druk maar, hulle maak die […]
Britse soldate na hospitale ontplooi na personeeltekorte - January 7, 2022
Die Britse regering het sowat 200 militêre personeellede ontplooi by hospitale in Londen wat met personeeltekorte sukkel. Mediese personeel sal dokters en verpleërs van die Nasionale Gesondheidsdiens bystaan om pasiënte te behandel terwyl ander soldate met ander pligte sal help. Volgens media sê die Koninklike Verpleegkollege die regering kan nie langer die personeelkrisis in die […]
ANC word betrek by staatskaping - January 7, 2022
Die Cape Independence Advocacy-groep in die buurland sê die eerste verslag oor staatskaping wys die Wes-Kaap was reg om die ANC in ses agtereenvolgende verkiesings te verwerp. ‘n Woordvoerder, Phil Craig, sê staatskaping is egter op inwoners van dié provinsie afgedwing, ten spyte van hul teenstand en in stryd met hul demokratiese keuse. Hy voel […]
Lategan sê die Dakar mors met hom - January 7, 2022
Nasser Al Attiyah en Mathieu Baumel kon hul algehele eerste plek in die Dakar-tydren behou danksy hul uitstekende tyd in die vyfde skof. Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers en sy spanmaat Dennis Murphy het die sewende vinnigste tyd van die dag behaal. Henk Lategan en Brett Cummings het eerste die eindstreep oorgesteek en Sébastien Loeb […]
Goewerneur sê repatriasie van Angolese vorder goed - January 7, 2022
Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, is ‘n verligte man nadat die Angolese regering besig is om sy burgers te repatrieer. Die Angolese burgers het ná ‘n erge droogte in hul land na Namibië gevlug het om nie van honger om te kom nie. Endjala het vroeër vandeesweek aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy […]
Kunene se mense is betaal - January 7, 2022
Plaaslike nuusagentskappe berig dat die werknemers by die Kunene-streeksraad betaal is. Dit volg na ‘n vergadering wat Donderdag gehou is. Die betalings aan ongeveer 120 werknemers en drie raadslede is reeds gedoen, 18 dae laat. Dit volg na die heraanstelling van George Kamseb as hoof streeksbeampte wat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling in […]
Madiba se sleutel uit veiling onttrek - January 7, 2022
Die man wat die sleutel van oudpresident Nelson Mandela se tronksel op Robbeneiland bewaar het, het ‘n afslaer gevra om dit aan ‘n veiling later die maand te onttrek. Guernsey wil op die 28ste die sleutel en ander Mandela-gedenkwaardighede verkoop. Ander artikels sluit een van sy kenmerkende hemde in, asook geskenke wat hy by Amerika […]
Medespeler sê dit wil voorkom asof Djokovic geteiken word - January 7, 2022
Novak Djokovic bly in die nuus. Terwyl die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal vroeër gesê het Djokovic dra die gevolge van sy eie keuses het die Amerikaanse speler Tennys Sandgren sy ondersteuning teenoor Djokovic uitgespreek. Hy het ook gevra of Djokovic nie dalk uitgesonder word nie. Djokovic appelleer teen die weiering van sy visum in Australië […]
GRN skuld Air Nam-werkers niks, daar’s nie ‘n verhouding nie - January 7, 2022
Die Namibiese arbeidsministerie het ‘n aansoek van voormalige Air Namibia werknemers dat die regering hulle uitstaande salarisbetalings moet doen, van die hand gewys. Plaaslike media berig dat David Itana, ‘n arbiter in die arbeidskommissaris se kantoor, bevind het daar is geen werksverhouding tussen die werknemers en die regering nie. In Desember het die redery se […]
SA sê sprinkane kom oor van Namibiese grens - January 7, 2022
Dit wil voorkom asof Namibië die skuld kry vir die sprinkane in die Noord-Kaap. Die provinsie se departement van landbou het kennis geneem van oproepe van inwoners oor die oplewing van die vlieënde bruin sprinkaanplaag in verskeie gebiede. Woordvoerder Zandisile Luphahla sê dit is die gevolg van sogenaamde hoppers wat ‘n vlieënde stadium bereik het. […]