
Khoi-gemeenskap dagvaar Amazon - November 12, 2021
‘n Kaapstadse groep vir maatskaplike geregtigheid, Liesbeek Action Campaign, gaan vandag ‘n gesamentlike betoging teen ‘n ontwikkeling in Observatory hou. Dit vind plaas in aanloop tot die Observation Civic Association en die Goringhaicona Khoi Khoin-tradisionele inheemse raad se regstappe om te verhoed dat die tegnologiereus Amazon sy bouwerk in die gebied voortsit. Die saak sal […]
Astroworld vertrapping: 9 is dood - November 12, 2021
Die dodetal in verlede week se stormloop op ‘n musiekfees in Houston, Texas, het tot nege gestyg toe ‘n jong kollege-student dood is. Die 22-jarige Bharti Shahani het baie ernstige beserings opgedoen toe konsertgangers mekaar verdring het voor die optrede van die kletsrymer Travis Scott tydens die Astroworld-fees. Scott het intussen aangebied om die slagoffers […]
Verskeie bomme, dele van handgranate ens., gevind by padkonstruksie - November 12, 2021
Die Namibiese polisie sê tydens die konstruksie van die hoofpad tussen Eenhana en Okongo is plofbare toestelle gevind. Lede van die mag is ingeroep op 31 Oktober en sal die gebied van omtrent 12 kilometer tot 18 November ondersoek. Tot dusver is 74 rondes ammunisie, 11 60mm mortierbomme, verskeie dele van handgranate en gebruikte toestelle […]
Neem asb die spuit en vermy vierde vlaag – Thieme - November 12, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sal vanoggend om nege-uur by Staatshuis Namibiërs oor die nuwe Covid-regulasies toespreek wat Maandag verval. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die O&L Groep deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus. Hy moedig ook Namibiërs aan om ingeënt te word en maan teen ‘n vierde Covid-vlaag soos wat tans in […]
Openbare verhore oor aborsie in Omaheke, Erongo – kom sê jou sê - November 12, 2021
Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid is tans besig met openbare verhore oor aborsie in die streke van Omaheke en Erongo wat tot 15 November sal duur. Verlede maand het die komitee vir vier dae openbare verhore oor aborsie gehad. David Nahogandja, woordvoerder van die parlement, nooi die publiek in dié streke uit om hul […]
De Klerk: EFF sê nee vir staatsbegrafnis - November 12, 2021
Britse premier Boris Johnson sê hy is bedroef oor die afsterwe van Suid-Afrikaanse oudpresident FW de Klerk. Johnson sê De Klerk was ‘n leier wat bakens versit het deur Nelson Mandela vry te laat en met Madiba saam te werk om apartheid tot ‘n val te bring. Intussen het die EFF aangedui die party is […]
N$120m toelaag om paaie in Whk te beveilig - November 12, 2021
Die Windhoekse burgemeester, Job Amupanda, het aangekondig dat Stad Windhoek ‘n toelaag van sowat 120 miljoen Namibiese dollar van die Duitse ontwikkelingsbank, KFW Bank, ontvang het. Dit gaan aangewend word vir volhoubare stedelike mobiliteit. Amupanda sê Windhoek se paaie gaan veilig gemaak word en die stad gaan met fietsrylane spog.
Wonderful a Glucose Baby? - November 12, 2021
The term “sugar baby” is needed in various approaches to describe a young woman who’s supported monetarily by a prosperous man. This person may be in what is a sugar daddy a relationship with another person, but they are both looking for companionship and financial protection. There are many people that fall victim to the […]
Godongwana sê geldkrane is toe vir ondernemings in staatsbesit - November 11, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die regering sal nie meer ondernemings in staatsbesit finansieel bystaan nie. Godongwana het vandag bevestig dat dié fonteintjie nou opgedroog het vir staatsondernemings wat jaarliks mirljarde rand in bystand ontvang om hul begrotings te laat klop. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …
Ekonoom verduidelik stygings in Verbruikersprysindeks van Oktober - November 11, 2021
Volgens die Verbruikersprysindeks het die jaarlikse inflasiekoers vir goedere met 4,5 persent in Oktober 2021 gestyg, vergeleke met 3,3 persent in Oktober 2020. Die jaarlikse inflasiekoers vir dienste het in Oktober 2021 met 2,4 persent gestyg, vergeleke met 0,9 persent in Oktober 2020. Jason Kasuto, die besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates, verduidelik die […]