
8% meer ongelukke, 12% meer sterftes - November 26, 2021
Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê daar was 426 sterftes tussen 1 Januarie en 14 November vanjaar. In dieselfde periode was daar 2 579 motorongelukke met 4 464 besering. Wanneer die syfers met verlede jaar vergelyk word het ongelukke met 8 persent toegeneem terwyl daar 6 persent meer beserings is en 12 persent meer […]
Verhoogde brandstofprys vandag bekend - November 26, 2021
Plaaslike ekonome meen die brandstofprys sal in Desember styg. Onbevestigde berigte lui dat die prys met 70 sent ‘n liter, vir beide petrol en diesel sal styg. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie Andreas Simon, sê die prys sal vandag bekend gemaak word.
1 uit 4 Afrika-gesondheidswerkers ingeënt, WGO het kommer - November 26, 2021
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die meeste van die vasteland se gesondheidswerkers is nog nie teen Covid-19 ingeënt nie en word steeds ernstig aan die virus blootgestel. Slegs een uit vier gesondheidswerkers in Afrika is ten volle ingeënt. Die streekdirekteur van die WGO, Matshidiso Moeti, sê as dokters, verpleegkundiges en ander in die voorste […]
ANC gaan agteruit – Mbeki - November 26, 2021
Oud-president Thabo Mbeki sê die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing verteenwoordig agteruitgang vir die ANC en ‘n duidelike toename in ondersteuning vir regse magte. Hy het ‘n brief van agt bladsye aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, geskryf. Die party se steun is vir die eerste keer sedert die demokratiese verkiesing in 1994, […]
Shangula sê toetse vir nuwe variant word gedoen - November 26, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê daar word plaaslik variant-toetse op Covid-uitslae gedoen en die nuwe variant is nog nie opgemerk nie. Hy het aan plaaslike media beklemtoon dat dit nie beteken die variant kom nie in Namibië voor nie, net dat dit nog nie opgetel is nie. Ewekansige steekproefneming word gebruik om variante […]
Aussies hou nuwe variant fyn dop - November 26, 2021
Australië se gesondheidsminister, Greg Hunt, sê hulle is goed voorberei om op te tree teen die nuwe koronavirus-variant wat in Suid-Afrika ontdek is. Die B.1.1.529 variant is eerste in Botswana opgemerk voordat dit na Suid-Afrika en Hongkong versprei het. Daar is 22 gevalle in Suid-Afrika wat met die nuwe variant verbind kan word. Hunt sê […]
Tabakprojek verruil vir die steel van hout - November 26, 2021
‘n Paar jaar gelede was daar voorstelle dat die Zambezi-streek die tuiste van tabakplantasies gaan word. Na jare is daar steeds nie ‘n tabakprojek in plek nie. Dudu Murorua van die United Democratic Front, UDF, het in die Nasionale Vergadering gesê wat ook al van die projek geword het, dit het ‘n platform geword vir […]
Verbruikers moet katvoet wees vandag - November 26, 2021
Vandag is Black Friday en die Nasionale Verbruikersraad in Suid-Afrika waarsku handelaars om nie misleidende advertensies te gebruik om verbruikers te lok om te koop nie. Die Wet op die Beskerming van Verbruikers verbied metodes wat verskaffers kan inspan om goedere of dienste op ‘n misleidende of bedrieglike manier te bemark. Phetho Ntaba van die […]
VK & Frankryk moet kanaal-uitdagings oplos - November 26, 2021
Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Vlugtelinge sê hy is geskok en hartseer oor die skokkende tragedie wat Woensdag in die Engelse Kanaal naby Calais plaasgevind het. Sewe-en-twintig mense wat na Engeland op pad was, het verdrink toe hul boot gesink het. Die agentskap sê daar is nie veiliger alternatiewe nie en mense sal voortgaan […]
Botswana-nadoodse ondersoek sluit af - November 26, 2021
Die nadoodse ondersoek na die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef by die Chobe-rivier in November verlede jaar het in Botswana afgesluit. Lede van die Botswana weermag het die vier doodgeskiet, blykbaar omdat hulle stropers was. Die vier, wat vis gevang het, is ‘n totaal van 19 keer raakgeskiet. Geen wapens is op […]