Verbod op Brasiliaanse pluimvee sleg vir armes May 20, 2025
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders eis dat die regering ‘n algehele verbod op pluimvee-invoere uit Brasilië vermy nadat voëlgriep in Rio Grande do Sul uitgebreek het. Brasilië verskaf meer as 84-persent van Suid-Afrika se pluimvee-invoere. Die vereniging beveel ‘n streeksgerigte benadering aan, soos dit reeds in lande soos Japan en die Verenigde Arabiese Emirate toegepas word om prysstygings, werksverliese en voedselonsekerheid te vermy. Die uitvoerende hoof, Imameleng Mothebe, waarsku ‘n volledige verbod kan kwesbare gemeenskappe benadeel.