Brit, 65, vas na hy San-kinders blykbaar betas May 20, 2025
‘n Britse toeris sal vandag in die laerhof op Grootfontein verskyn op klagtes wat die seksuele teistering van kinders insluit. Volgens die Namibiese nuusagentskap Nampa, is die 65-jarige man reeds Sondag gearresteer nadat hy by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe San-kinders gevra het om hulle klere uit te trek in ruil vir geld en lekkers. Hy het blykbaar 16 tiener meisies betas en 14 tiener- en drie klein seuns ook aangeraak. Hy het foto’s van die naakte kinders geneem en dit is op sy kamera gevind.