
VK & Frankryk moet kanaal-uitdagings oplos - November 26, 2021
Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Vlugtelinge sê hy is geskok en hartseer oor die skokkende tragedie wat Woensdag in die Engelse Kanaal naby Calais plaasgevind het. Sewe-en-twintig mense wat na Engeland op pad was, het verdrink toe hul boot gesink het. Die agentskap sê daar is nie veiliger alternatiewe nie en mense sal voortgaan […]
Botswana-nadoodse ondersoek sluit af - November 26, 2021
Die nadoodse ondersoek na die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef by die Chobe-rivier in November verlede jaar het in Botswana afgesluit. Lede van die Botswana weermag het die vier doodgeskiet, blykbaar omdat hulle stropers was. Die vier, wat vis gevang het, is ‘n totaal van 19 keer raakgeskiet. Geen wapens is op […]
Taxi-bestuurders en verkeersbeamptes speel sokker - November 26, 2021
Die Automobiel Assosiasie van Namibië bied môre ‘n sokkerdag aan waar die verkeersbeamptes teen die taxi-bestuurders teen mekaar sake gaan uitspook. Dit begin om agt-uur die oggend by die Namibiese sokkervereniging se sentrum in Katutura. Die spanne is die Namibiese polisie se verkeersdepartement, vervoerinspekteurs, Windhoek Stadspolisie se verkeersbeamptes en NPPTA en Nabta. Iets te ete […]
Trusted Travel System uitgestel tot 2022 - November 26, 2021
‘n Namibiese toerismekenner sê die Namibiese gesondheidsministerie het die Trusted Travel System vanaf 1 Desember na 15 Januarie 2022 uitgestel, nadat die toerismesektor aangedui het dit sal ‘n impak op die besoeke van toeriste na Namibië sou gehad het. Na 15 Januarie 2022 sal slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar word. […]
Nuwe variant dryf SA-infeksies (wat toeneem) - November 26, 2021
Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, het bevestig die nuwe variant van Covid-19 is die dryfkrag agter die styging in infeksies in Suid-Afrika, veral in Gauteng. Gesondheidskenners is bekommerd dat bestaande entstowwe moontlik minder doeltreffend sal wees teen die nuwe variant wat onlangs in die land bevestig is. Phaahla het aan die media […]
23 miljoen koppies koffie vir jou? - November 26, 2021
Drie-en-twintig-miljoen koppies koffie kon gemaak word met die hoeveelheid kitskoffie wat verlede jaar op Black Friday in Pick n Pay-winkels in Suid-Afrika verkoop is. Die kleinhandelreus sê van 2020 se gewildste items was rys, wat 7,5 miljoen maaltye kon maak en genoeg televisiestelle om amper al die huishoudings in ‘n klein voorstad te voorsien. Pick […]
BoN identifiseer nog ‘n piramide-skema - November 26, 2021
Die Bank van Namibië sê in ‘n verklaring dat die Angelitos Community Foundation nie volgens sy reëls besigheid bedryf nie en dat die beleggingsmaatskappy buite die mandaat van die bank aktief is. Volgens die bank is Angelitos ingelig dat die bank ‘n ondersoek gelas het en die bevindings is ook met die Angelitos gedeel maar, […]
Nuwe variant: ons is terug op Britse rooilys - November 26, 2021
Namibië is saam met Suid-Afrika en verskeie ander Suider-Afrikaanse lande vanaf 12-uur vandag weer op die Britse rooilys en alle vlugte is opgehef. Die Britse regering het die maatreël ingestel na Suid-Afrikaanse owerhede ‘n nuwe Covid-variant, B.1.1.529 bevestig het. Daar is groot kommer omdat die variant 32 mutasies het op sy stekelproteïen. Dit is ook […]
Sprinkane verwoes alles, sê boer - November 26, 2021
‘n Boer van Grünau sê hy spuit al vir meer as week daagliks om die swerms sprinkane te bestry. Swerms sprinkane teister die Suide se boere, en veral die gebiede van Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en Ai-Ais loop erg deur. Swerms is tussen 1 en 4 kilometer breed en boere het hulle hande vol. Dolf de […]
N$10m vir vakansie vir jou werkers - November 26, 2021
‘n Restaurant in Hongkong dok meer as 10 miljoen Namibiese dollar op sodat sy buitelandse werkers ‘n vakansie tuis kan geniet. Buitelandse personeel wat vir die Black Sheep-restaurantgroep werk kon weens die Covid-pandemie reeds vir amper twee jaar nie hul geliefdes besoek nie. Die onderneming het aangebied om vir hul vlugte, Covid-toetse en kwarantynverblyf te […]