Stoetveilings was baie suksesvol die jaar - November 26, 2021

Agra se stoetveilings het onlangs afgesluit vir die jaar. Daar was verskeie uitsonderlike pryse wat behaal is deur die jaar en Paul Klein, die bestuurder van Agra Veilings, sê die jaar was uiters suksesvol.

Read More

Bok Sewes seëvier oor Ierland - November 26, 2021

Die Springbok Sewes het hul Wêreld Sewes Reeks-toernooi met ‘n oortuigende oorwinning oor Ierland afgeskop. Selvyn Davids en Ronald Brown het elk twee drieë gedruk sodat die Blitsbokke Ierland vandag met 28-7 kon wen op die eerste dag van die Doebai Sewes Toernooi. Suid-Afrika is die verdedigende kampioen nadat hulle onoorwonne van die verkorte 2021 […]

Read More

Trein tref leerder se voertuig - November 26, 2021

Die Windhoek Stadspolisie het meer inligting bekend gemaak oor die treinongeluk vroeër by die Buitekluboord, net suid van die hoofstad. Die polisie sê ‘n senior leerder wat sy eksamen voltooi het en huis toe gery het in sy motor, wou ‘n kortpad vat en het nie die trein sien aankom nie. Op die stadium, is […]

Read More

Onderbesteding op kapitaalprojekte onaanvaarbaar – Hill-Lewis - November 26, 2021

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê hy is bewus van die stad se onderbesteding aan kapitaalprojekte. Hill-Lewis het ‘n vol raadsvergadering toegespreek. Hy sê dit is noodsaaklik vir groei dat nog baie in die stad se infrastruktuur belê word. Hill-Lewis sê begrotings móét bestee word:

Read More

Fokus op eindeksamen – Steenkamp - November 26, 2021

Hoërskoolleerders is steeds met hul eksamens besig en volgens berigte is daar nie groot probleme nie. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, doen ‘n beroep op leerders om die eksamen ernstig op te neem en partytjies tot na die eksamen te vermy.

Read More

ANC-regering moet meer doen om ontvoerings te voorkom - November 26, 2021

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die polisie in Gauteng en die provinsiale Departement van Onderwys doen nie genoeg om die ontvoering van leerders in die provinsie te voorkom nie. Ontvoerings het in die kollig gekom na die ontvoering van die Moti-broers verlede maand in Polokwane en die onlangse een van die 11-jarige meisie van die […]

Read More

Arm verbruiker = arm tamatieboer - November 26, 2021

Suid-Afrikaanse tamatiekwekers is uitstekend, maar verbruikersaanvraag laat nie altyd ‘n prys toe wat die boer vir sy produk vergoed nie. Dis die mening van Botha Roodt van die bemarkingsagentskap Grow. Hy het aan Freshplaza.com gesê as verbruikers meer geld gehad het, sou tamatieboere in ‘n beter finansiële posisie gewees het. Roodt het gepraat oor tamatiepryse […]

Read More

Nuwe reismaatreëls na Skotland, Indië - November 26, 2021

Die Wêreld-Gesondheidsorganisasie hou vandag ‘n spesiale vergadering om die nuwe Covid-variant B.1.1.529, wat ongewone mutasies toon, te bespreek. Skotland sê alle aankomelinge uit Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Eswatini en Zimbabwe moet van vandag in self-afsondering gaan en twee PCR-toetse ondergaan. Intussen het Indiese gesondheidsamptenare provinsiale state op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas en hulle aangesê om reisigers […]

Read More

Skrywers! Stuur julle woorde! - November 26, 2021

Die Bank Windhoek Doek-toekennings het verlede week plaasvind, maar dit beteken nie dit is die einde van Doek nie. Volgens Doek se stigter, Rémy Ngamije, sal die Doek-publikasie op 30 November verskyn en hulle sal vir volgende jaar se fees begin voorberei. Hy doen ‘n beroep op Namibiese skrywers om hul werke in te stuur.

Read More

SAN hou jaarvergadering - November 26, 2021

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië hou vandag hulle 27ste jaarvergadering. Die vereniging sê die nakoming van die betrokke wetgewing en maatreëls, wat ook die bedryf se minimumloon insluit, sal onder andere, onder die loep kom.

Read More