Dr Shangula was gisteraand die gas op Copps 94.1

Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge die Windhoekse Stadspolisie, G4S Namibië, Auas Motors, Minet Namibië Insurance Brokers and E-Med Rescue 24 was gisteraand oudergewoonte tussen agtuur en middernag op grondvlak in die hoofstad bedrywig. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus is op grondvlak deur die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula vergesel.

Read More

Die Springbokke klop Georgië oortuigend

Rugby: Die Springbokke het hulle terugkeer na die rugbyveld met ‘n oorwinning van 40-9 teen Georgië op Loftus Verslfed gevier. Die wedstryd het presies 20 maande ná Siya Kolisi die Webb Ellis-trofee by die Wêreldbeker in Japan omhoog gehou het. Suid-Afrika het gisteraand ses drieë gedruk en Georgië verhoed om enige drieë aan te teken. […]

Read More

Zuma bly in die nuus

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bewerings dat hy soldate ontplooi het om Jacob Zuma se ondersteuners in Nkandla te konfronteer, weerlê. Lede van die Mkhonto weSizwe-militêre veterane-vereniging kampeer uit by die voormalige Suid-Afrikaanse president se woning in KwaZulu-Natal, en beloof hulle gaan keer dat hy inhegtenis geneem word. Die Konstitusionele Hof het Zuma tronkstraf van […]

Read More

Roudiens vir wyle professor Mburumba Kerina vandag in die parlementstuine

Die roudiens vir wyle professor Mburumba Kerina word vandag in die parlementstuine in die hoofstad gehou. Hy sal môre in die helde- en- heldinne begraafplaas op Okahandja ter ruste gelê word.Kerina is op 14 Junie aan Covid-19 oorlede. Hy was 89. Die nuus kom te midde van kritiek teen die regering dat staatsbegrafnisse nie die […]

Read More

Boulter gaan die hoërhof nader om te appèlleer op die weiering van sy borgtog in die Kamanajab-landdroshof

Die Britse moordbeskuldigde en sakeman, Harvey Boulter, gaan die hoërhof nader om te appèlleer op die weiering van sy borgtog in die Kamanajab-landdroshof. Boulter, wat daarvan beskuldig word dat hy op 27 Februarie sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk noodlottig op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik gewond het, is bereid om borgtog van N$200 000 […]

Read More

Fondsinsameling vir Adonai Trust, Covid Warriors ‘n reuse-sukses

‘n Fondsinsameling is vandag by Officeeconomix in Windhoek vir die Adonai Trust en Covid Warriors Namibia gehou om geld in te samel vir onder meer Covid-pasiënte wat afhanklik van suurstofkonsentreerders is. Paul Oosthuizen van Officeeconomix bedank Namibiërs vir hul oop harte en beursies. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê met vandag se insameling kan […]

Read More

Dit is nog onbekend of Delta-variant in Namibië is

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsminister, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die uitslae van die Universiteit van Namibië oor die voorkoms van die Delta-variant van die Covid-virus, is nog nie bekend nie. Dr. Ismael Katjitae, voorsitter van die nasionale tegniese advieskomitee vir MIV/vigs-reaksie in Namibië het vroeër vandeesweek gesê hoewel die […]

Read More

Namibië se wedstryd teen ivoorkus môre op Rugby Afrika se Facebook gestroom

Rugby Afrika het bekendgemaak dat videostroom van Saterdag se groep A-wedstryd in Abidjan tussen Namibië en Ivoorkus op sy Facebook-blad gebeeldsend sal word. Die afskoptyd is om ses uur die aand Namibiese tyd. PJ van Lill lei die Namibiese rugbyspan met Lesley Kim die onder-kaptein.

Read More

Standbeelde van Koninginne Victoria en Elizabeth II in Kanada beskadig

Skares in Winnipeg, Manitoba, het tydens betogings op Kanada-dag standbeelde van koningin Victoria en koningin Elizabeth die Tweede omgegooi weens die kosskoolstelsel se mishandeling van inheemse kinders. Die stelsel is in die 19de eeu ingestel en eers in die 1970’s afgeskaf. Inheemse kinders is gedwing om Christelike skole by te woon en verbied om hulle […]

Read More

Nog ‘n kouefront op pad na Wes-Kaap

Nog ‘n kouefront nader die Wes-Kaap en sal na verwagting môreoggend vroeg in Kaapstad land. Die Suid-Afrikaanse Weerdienste voorspel reën vir die suidwestelike dele van die provinsie, insluitend die metro van Kaapstad. Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, sê verdere oorstromings word in laagliggende gebiede verwag. Die bykomende […]

Read More