Die Springbokke klop Georgië oortuigend

Rugby: Die Springbokke het hulle terugkeer na die rugbyveld met ‘n oorwinning van 40-9 teen Georgië op Loftus Verslfed gevier. Die wedstryd het presies 20 maande ná Siya Kolisi die Webb Ellis-trofee by die Wêreldbeker in Japan omhoog gehou het. Suid-Afrika het gisteraand ses drieë gedruk en Georgië verhoed om enige drieë aan te teken. Die Bokke het teen rustyd met 19-9 voorgeloop. Kaptein Siya Kolisi sê hulle kan beslis verbeter: Vanaand speel die Britse en Ierse Leeus hulle eerste wedstryd teen die Leeus van Gauteng op Ellispark in Johannesburg.