Standbeelde van Koninginne Victoria en Elizabeth II in Kanada beskadig

Skares in Winnipeg, Manitoba, het tydens betogings op Kanada-dag standbeelde van koningin Victoria en koningin Elizabeth die Tweede omgegooi weens die kosskoolstelsel se mishandeling van inheemse kinders. Die stelsel is in die 19de eeu ingestel en eers in die 1970’s afgeskaf. Inheemse kinders is gedwing om Christelike skole by te woon en verbied om hulle eie taal te praat. Hulle is ook mishandel en het aan wanwoeding gely. Tot sesduisend kinders het vermoedelik as gevolg hiervan gesterf.