Nog ‘n kouefront op pad na Wes-Kaap

Nog ‘n kouefront nader die Wes-Kaap en sal na verwagting môreoggend vroeg in Kaapstad land. Die Suid-Afrikaanse Weerdienste voorspel reën vir die suidwestelike dele van die provinsie, insluitend die metro van Kaapstad. Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, sê verdere oorstromings word in laagliggende gebiede verwag. Die bykomende reënval bo en behalwe ‘n baie nat week, kan meer oorstromings veroorsaak, aangesien die grond in die meeste gebiede naby die versadigingspunt is. Gebiede stroomaf van reeds geswelde riviere kan ook oorstroom. James Brent-Styan, skakelbeampte vir die Wes-Kaapse omgewingsminister.