Dit is nog onbekend of Delta-variant in Namibië is

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsminister, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die uitslae van die Universiteit van Namibië oor die voorkoms van die Delta-variant van die Covid-virus, is nog nie bekend nie. Dr. Ismael Katjitae, voorsitter van die nasionale tegniese advieskomitee vir MIV/vigs-reaksie in Namibië het vroeër vandeesweek gesê hoewel die Delta-variant nie amptelik in Namibië gerapporteer is nie, is dit duidelik dat die Delta-variant in die omtrek is op grond van hoe die Covid-gevalle styg. Nangombe sê die uitslae is vandag verwag, maar dit is nog nie ontvang nie.