Boulter gaan die hoërhof nader om te appèlleer op die weiering van sy borgtog in die Kamanajab-landdroshof

Die Britse moordbeskuldigde en sakeman, Harvey Boulter, gaan die hoërhof nader om te appèlleer op die weiering van sy borgtog in die Kamanajab-landdroshof. Boulter, wat daarvan beskuldig word dat hy op 27 Februarie sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk noodlottig op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik gewond het, is bereid om borgtog van N$200 000 te betaal. Boulter is tans onder mediese behandeling in ‘n die Paramount-gesondheidsorgsentrum.