Fondsinsameling vir Adonai Trust, Covid Warriors ‘n reuse-sukses

‘n Fondsinsameling is vandag by Officeeconomix in Windhoek vir die Adonai Trust en Covid Warriors Namibia gehou om geld in te samel vir onder meer Covid-pasiënte wat afhanklik van suurstofkonsentreerders is. Paul Oosthuizen van Officeeconomix bedank Namibiërs vir hul oop harte en beursies. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê met vandag se insameling kan meer as 50 mense se lewens gered word deur hulle aan suurstof te koppel.